Paul Roos Gimnasium in Stellenbosch, het hul nuwe skooljaar op ’n hoë noot afgeskop met die viering van die 2024 matriekuitslae. Die skool het hul groep van 2024 matrieks, hierbo afgeneem, baie geluk met hul puik uitslae gewens.
Paul Roos leerlinge het onlangs met die opening van skole op Woensdag Januarie 15, hul eerste saalbyeenkoms vir die jaar gehou. Die seremonie het spesiale sprekers gehad en daarna het die tradisionele dasseremonie met die matrieks gevolg, waartydens die matriek leerlinge hul nuwe dasse vir die matriekjaar ontvang het.Die Paul Roosers was bevoorreg om deur Dr Leon Schreiber, die huidige Minister van Binnelandse Sake, hierbo afgeneem, tydens die eerste saalbyeenkoms toegespreek te word. Dr Schreiber het met sy toespraak die seuns kom inspireer oor hulle toekoms in Suid-Afrika.Die nuwe 2025 graad agt groep leerlinge het by die Paul Roos familie aangesluit. Hulle vergader hier in die tradisionele sirkel op die skoolgronde. Nuwe onderwysers het ook vanjaar aangesluit by die Paul Roos Gimnasium personeelgroep. Nuwe personeellede is van voor links, Calista de Lange, Lewensoriëntering/sportassistent; Afrikaanse onderwysers Susan Erasmus en Elena Vorster. Agter van links is, Janko Dreyer, Ekonomie/Ekonomiese en Bestuurswetenskappe onderwyser; atletiekhoof Ryno Niemand en Dewald Raath wat Geografie en Geskiedenis sal onderrig.